Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Kougom op Gautrein: Wagte was 'professioneel'

2012-07-20 16:13
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die sekuriteitswagte wat twee vroue aangehou het omdat hulle kougom op die Gautrein gekou het, het professioneel opgetree, het die Bombela-konsortium Vrydag gesê.

“Die maatskappy is van mening dat sy sekuriteitswagte regdeur (die proses) professioneel en respekvol opgetree het, ten spyte daarvan dat hulle blootgestel is aan verbale mishandeling,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Bombela het die saak ondersoek ná bewerings dat twee vroue vir vier ure aangehou is en met R700 beboet is omdat hulle verlede Vrydag kougom gekou het by die Rosebank Gautrein-stasie.

Pontso Pakkies en Lebo Sibisi was nie bewus daarvan dat kougom nie toegelaat word op die trein nie. Terwyl hulle vir die trein gewag het, het 'n sekuriteitswag hulle genader en gesê hulle moet van die kougom ontslae raak, het Pakkies aan The Star gesê.

Nadat hulle met die sekuriteitswag gepraat het, het hulle die kougom in papier gedraai en in hul handsakke gesit omdat daar nie 'n asblik naby was nie.

Toe die trein by die stasie intrek, het een van die sekuriteitsbestuurders aan hulle gesê hulle mag nie in die trein klim nie.

"Hy het gesê ons het geweier om die kougom weg te gooi en dat hy ons gaan beboet," het Pakkies gesê.

Die susters is aangehou in 'n kamer waar daar geen selfoonontvangs is nie. Die sekuriteitswagte het ook geweier dat hulle hul familie kontak en toilet toe gaan.

Hulle is vrygelaat nadat hulle 'n boete van R700 betaal het.

Bombela sê hy het na CCTC-beeldmateriaal gekyk en het verklarings geneem van diegene wat betrokke was.

Volgens Bombela weergawe het een van die sekuriteitswagte gesien hoe ‘n vrou kougom kou op die platform en het haar gevra om dit in ‘n nabygeleë asblik te gooi.

“Die vrou het geweier om haar samewerking te gee en het met die wag begin argumenteer. Hy het ‘n tweede wag nader geroep om die reël te bevestig en die versoek is herhaal.”

Beide vroue het kwaad geword en het geweier hul samewerking te gee. ‘n Assistent-stasiebestuurder is uitgeroep om die reëls te verduidelik, maar die vroue het geweier en het met hulle geargumenteer.

Die vroue is gevra om die bestuurder na die sekuriteitskantoor te volg waar die reëls weer verduidelik is. Die maatskappy het ontken dat sy werkers die vroue gedreig of gewelddadig geraak het.

Die vroue het luidrugtig gebly in die kantoor en wou nie saamwerk nie, het Bombela gesê. Hulle het ook geweier om identifikasie te toon.

Die polisie is gekontak nadat die vroue aangehou argumenteer het. Ná ‘n lang argument het die twee uiteindelik hulself geïdentifiseer en ‘n “gepaste boete” is aan hulle gegee.

Bombela ontken dat die twee vir vier ure aangehou is en sê die hele voorval het twee ure geduur.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: gautrein
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie Katzke sê... Dit is vir absoluut amazing dat die dood van 'n openbare figuur, wat duidelik deur die meerderheid van die bevolking gerespekteer is, so 'n moddergeveg kan veroorsaak. Dit slaan my stom! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.