Koue naweek landwyd verwag
2011-07-27 12:07
Johannesburg – Die swaar sneeuneerslae wat die verkeer regoor die land heen veroorsaak het, is verby.
Volgens Puseletso Mofokeng, ‘n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse weerdiens, sal die weer binnekort begin opklaar.
“Die sneeuval het gisteraand (Dinsdag) geëindig,” het hy gesê.
Reënval kan Woensdagoggend langs die KwaZulu-Natalse kus tussen Durban en Kosibaai verwag word, maar sal teen die middag begin opklaar.
Mofokeng sê dit sal in meeste dele van die land opklaar.
Die Lesotho-gebied sal koud bly, maar geen verdere sneeu word voorspel nie.
Koue naweek
‘n Swakker kouefront sal die land na verwagting Woensdagaand tref.
Die kouefront sal Donderdag in die Wes-Kaap en in die suidelike dele van die Noord-Kaap gevoel word, het Mofokeng gesê.
Volgens hom gaan dié kouefront nie “so sterk” wees nie.
Mofokeng waarsku egter dat mense landswyd moet voorberei vir ‘n koue naweek.
– Stuur vir ons jou foto’s van die ysige weer in jou omgewing na fotos@nuus24.com
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA