Kotzé word ondervra
2012-01-11 13:42
Johannesburg – Johan Kotzé, die sakeman wat meer as 'n week lank voortvlugtig was, word by die Modimolle-polisiestasie ondervra nadat hy in hegtenis geneem is, het Beeld berig.
Kotzé (50) is Woensdagoggend omstreeks 11:45 in Modimolle (Nylstroom) aangekeer, het Sapa berig.
“Die ontwykende Johan Kotzé, wat inhegtenisneming ontduik het, is uiteindelik in hegtenis geneem,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê.
Kotzé het verlede week drie mans glo met ‘n vuurwapen gedwing om sy vervreemde vrou te verkrag.
Een van die mans wat vermoedelik die vrou verkrag het, is ook Woensdag vasgetrek. Die 42-jarige man is in Makapanstad naby Hammanskraal, noord van Pretoria, aangekeer.
Kotzé het op 4 Januarie ná die aanval op sy vrou gevlug. Hy het glo Conrad Bonnette (19), sy stiefseun, doodgeskiet.
Mulaudzi sê die polisie het Dinsdagaand Kotzé se Toyota Fortuner in Modimolle gevind.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA