Kotzé-slagoffer vertel van seun se dood

2012-01-14 08:39
Tweets Share Share line Print

Ina Bonnette vee die trane van haar wange af by die graf van haar seun, Conrad. (Theana Breugem, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Modimolle – “Ek is deur twee en ’n half uur van onbeskryflike pyn, maar niks sal ooit kan vergelyk word met die pyn waardeur ek is toe ek my kind se angskrete gehoor het terwyl hy drie keer geskiet is nie.”

Só het Ina Bonnette (42), ma van Conrad Bonnette (19) wat glo deur Johan Kotzé (50) doodgeskiet is, aan Die Pos, ’n plaaslike koerant op Bela-Bela (voorheen Warmbad), vertel.

Nadat Kotzé na bewering drie mans gedwing het om haar te verkrag, haar seun doodgeskiet en haar twee uur lank gemartel en grudade met haar gepleeg het, het hy glo langs haar op die bed gaan lê en vir haar gesê: “Ounooi, jy het geen idee hoe lief ek vir jou is nie,” het Bonnette volgens Huisgenoot gesê.

Kotzé het Vrydag in die landdroshof op Modimolle (voorheen Nylstroom) op 17 aanklagte, waaronder moord, poging tot moord en sewe van verkragting, verskyn.

Een van sy vervreemde vrou se vermeende verkragters het saam met hom verskyn, terwyl ’n tweede man gisteroggend vasgetrek is.

Conrad is sowat ’n uur ná dié hofverskyning op Bela-Bela begrawe.

Gedurende die begrafnis kon ’n mens sien Bonnette ervaar pyn wanneer sy beweeg. Sy moes opgehelp word wanneer sy wou staan.

Bonnette, wat weer haar ou van aangeneem het, het toestemming gegee dat sy geïdentifiseer mag word.

Haar wonde genees goed, maar dit sal volgens haar ’n ruk vat voordat sy heeltemal herstel het.

Sy het plastiese chirurgie ondergaan om die skade aan haar borste en inwendige beserings te herstel en kry ook antiretrovirale behandeling weens die gevaar van MIV/vigs ná die verkragtings.

“Ek is nou ’n halwe vrou. Ek sal nooit weer in iemand kan belang stel nie,” het sy aan Huisgenoot ­gesê.

Bonnette is op die dag van die aanval glo deur Kotzé na sy huurhuis gelok, waar sy in die huis na bewering beurtelings deur die drie mans verkrag is.

Daarna het Kotzé met sy beweerde marteldade met onder meer ’n tang, fonduevurk en ’n stuk gereedskap begin.

Ná die marteling het Kotzé glo vir Conrad, wat inligtingstegnologie aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het, onder valse voorwendsels na die huis laat kom waar hy hom na bewering doodgeskiet het.

“Soveel pyn... ek dink ’n mens kan die trauma van erge pyn oorleef, maar ek weet nie of ’n mens ooit kan herstel van die pyn wanneer jy hoor hoe jou kind pleit om sy lewe en dan doodgeskiet word nie,” het Bonnette, ’n versekeringsmakelaar by PSG-konsult op ­Modimolle, aan Die Pos gesê.

“Conrad het by hom gepleit: ‘Nee, oom, moet my asseblief nie skiet nie!’

“Hy is eers in sy een been geskiet. Conrad het toe gesê: ‘Asseblief, oom, moenie, moenie...’ en daarna is hy in sy bors geskiet.”

Conrad het op die plankvloer in die slaapkamer, langs die kamer waar sy ma vasgebind was, inmekaargesak. Kotzé het hom toe glo in die agterkop geskiet. Daarna was alles stil.

“My liggaam is deur soveel skokke. Die werklikheid van wat ek deur is, het nog steeds nie tot my deurgedring nie. Die pyn was intens. Ek het met tye afgeskakel, maar daar was ook tye wat ek gehoop het sy vinger gly op die vuurwapen se sneller,” het me. Bonnette gesê.

“Ek het die heeltyd gebid.”

Lt.kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die polisie is nog op soek na een verdagte.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: johan kotzé  |  hofsake  |  moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.