'Kotzé sál weer moor'

2012-01-10 07:06
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Johan Kotzé, die voortvlugtige Bloemfonteiner wat na bewering ’n vrou deur werkers laat verkrag en sy stiefseun koelbloedig vermoor het, is ’n “vyfster-psigopaat wat weer sal moor”.

Een van die land se bekendste forensiese sielkundiges, wat spesialiseer in ernstige geweldsmisdaad en al met verskeie reeksmoordenaars te doen gehad het, het aan Volksblad gesê Kotzé maak hom bang.

Dit is die eerste keer in dié forensiese sielkundige se loopbaan dat hy verkies om anoniem te bly uit vrees vir ’n psigopaat.

Kotzé besit volgens sy identiteitsdokument ’n .375-pistool, asook ’n .22-geweer en -handwapen.

Dié sielkundige sê as die bewerings teen dié voortvlugtige boer van Bloemfontein waar is, is hy ’n “evil, boosaardige” mens wat “uiters en selfs dodelik gevaarlik is”.

Twee vroue wat vroeër met hom in verhoudings was, het Kotzé ook Maandag in onderhoude met Volksblad as ’n baie intelligente, aggressiewe en dominerende mens beskryf wat ander verkleineer.

“Hy is ’n uitstekende manipuleerder,” sê een van die vroue.

Kotzé het na bewering nie geskroom om sy plaaswerkers te klap nie en in een geval selfs ’n hond beveel om ’n werker te bestorm.

“Hy het gemaak dat ek my hare sny voordat ons vir ’n naweek saam met sy vriende weggegaan het,” sê een van die vroue.

Die ander een sê hy het woedend geword as hy nie sy sin gekry het nie.

Nie een van hulle is deur hom aangerand nie, maar sê Kotzé het hulle sielkundig afgekraak en op hulle gevloek en geskel. Hy was aan albei ook duisende rande verskuldig en die vroue het lank gesukkel om hul geld uit hom te kry.

Die sielkundige het ook gesê weens Kotzé se beweerde ernstige patologie is hy daartoe in staat om ’n mens se huis binne te kom en jou dood te skiet.

Volgens hom is dit gevaarlik om iemand te diagnoseer sonder om hom te ondersoek, maar alles dui daarop dat “ons hier met ’n vyfster-psigopaat te make het”.

’n Psigopaat het ’n gebrekkige of geen gewete nie en is ’n meester-manipuleerder.

Die mens met wie die psigopaat in ’n verhouding is, is “soos ’n vlieg in ’n spinnekop se web”.

Indien bewerings waar is dat Kotzé deur vriende weggesteek word, is dit ’n bewys van sy uitsonderlike manipulerende vermoëns.

“Dié mense weet hulle kan in groot moeilikheid kom as hulle uitgevang word.”

Die sielkundige sê Kotzé ontken waarskynlik die bewerings teen hom en maak asof hy die slagoffer is.

Volgens Kotzé se beweerde optrede en beskrywings deur kennisse, sê die sielkundige hy voldoen aan die kriteria vir ’n manipulerende en sadistiese psigopaat.

Laasgenoemde word as ’n uiters gevaarlike mens beskou wat “inherent boos is”.

“Só iemand kry sterk emosionele en baie dikwels seksuele bevrediging deur ander te verneder, te martel en selfs te vermoor.”

Die sielkundige afbreking van vroue dui op ’n vorm van sadisme.

Die sielkundige sê as die bewerings teen Kotzé waar is, sal hy “sonder twyfel” weer moor. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad  |  verkragtings  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.