Kotzé praat met sielkundiges
2012-01-19 13:01
Kaapstad – Johan Kotzé, die sakeman wat as die “Modimolle-monster” bekend staan, het met polisie-sielkundiges in Pretoria gepraat, berig Eyewitness News.
Kotzé het gevra om met ‘n vroulike polisiebeampte te gesels en is geneem om met twee lede van die ondersoekende sielkundige-eenheid te praat.
Dié eenheid is betrokke in die opspoor van reeksmoordenaars en werk ook op hoë-profiel sake.
Dit is nog onbekend of lede van die eenheid tydens die verhoor in die hof sal getuig.
Die vier beskuldigdes in die saak sal op 10 Februarie weer in die hof verskyn, waar hulle om borgtog sal aansoek doen.
Kotzé is in hegtenis geneem nadat hy glo drie werkers gedwing het om sy vervreemde vrou te verkrag, waarna hy haar gemartel het. Hy het ook haar 19-jarige seun doodgeskiet.
– Lees meer by Eyewitness News
– Volg Nuus24 op Twitter