Kotzé 'moet in hel verrot'

2012-01-10 09:06
Tweets Share Share line Print

Polokwane – Sy is bang hy spoor haar op en maak haar dood.

Sy wens Johan Kotzé “kan in die hel verrot”, het vriende van die vrou van Modimolle (Nylstroom) wat glo in opdrag van Kotzé deur drie tuinwerkers verkrag is, Maandag gesê.

Die polisie het intussen gesê sy inhegtenisneming is op hande.

Die vrou is steeds in ’n Pretoriase hospitaal nadat sy verlede Dinsdag verkrag en erg aangerand is. Sy moes ’n operasie ondergaan.

“Sy het nie meer trane oor om te huil nie. Haar lewe is verwoes,” het ’n vriendin gesê.

Kotzé (50) het glo ook sy stiefseun, Conrad Bonnette (19), doodgeskiet. Hy het verlede Dinsdag eers die vrou en toe Bonnette gebel en hulle na die huis ontbied.

Die vrou is benewens die verkragting ook aan ander gru-dade onderwerp. Sy kon ná die aanval skaars loop. Sy ontvang sielkundige berading.

Die vrou se silikon-borsinplantings moes ná die aanranding verwyder word.

“Ons wil nie sê waarheen sy gaan as sy ontslaan word nie. Sy sal moet beskerming kry as Kotzé nie gevang word nie,” het ’n vriend gesê.

Brig. Hangwani Mulaudzi, kommunikasiehoof van die polisie in Limpopo, het aan Sapa gesê: “Ons is op die randjie van ’n deurbraak. Die inhegtenisneming is op hande.

“Die soektog is nou op die man se hakke, maar ek kan nie verdere inligting bekend maak nie omdat dit die ondersoek moontlik in die wiele kan ry.”

Interpol help nou ook om na Kotzé te soek. Die Valke is ook op sy spoor.

Volgens Mulaudzi ondersoek die polisie die moontlikheid dat iemand Kotzé help om weg te kruip. “Ons het baie sterk leidrade en is seker ons gaan hom binnekort vastrek.”

Die drie mans wat hy gehuur het om die vrou glo te verkrag, is ook nog nie aangekeer nie.

Oudbrig. Piet Byleveld het Maandag aan Beeld gesê indien hy deur die slagoffer se familie gevra word, sal hy na Kotzé soek.

Byleveld was ’n baasspeurder in die polisie en het verskeie hoëprofiel-misdaadsake, soos die moord op me. Leigh Matthews in 2004, opgelos. Hy werk nou by ’n private ondersoekmaatskappy in Johannesburg.

“Die polisie moet hul huiswerk behoorlik doen in die Modimolle-gebied. Fynkam die gebied vir leidrade,” het Byleveld gesê.

Volgens hom moet die speurders die drie tuinwerkers vastrek, “behoorlik ondervra” en dan verder soek.

Kotzé het ’n Namibiese paspoort en familie in daardie land. Hy was voorheen ’n skaapboer naby Bloemfontein en ’n balju op Prieska in die Noord-Kaap.

’n Familievriend het Maandag gesê Bonnette, wat ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria was, was “enige ma se droomkind. Ons weet hy is stewig in die hande van die Here”.

Hy word Vrydag om 11:00 uit die Hervormde kerk in Bela-Bela (Warmbad) begrawe. Kotze het in ’n wit Toyota Fortuner (DCS 392 FS) gevlug. Enigiemand met inligting kan kol. Mabisela Mohale by 082 565 8606 bel.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: moorde  |  verkragtings  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.