Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Kotzé erken hy het stiefseun geskiet

2012-11-22 17:45
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die sogenaamde Modimolle-monster, Johan Kotzé, het erken dat hy sy stiefseun doodgeskiet het, maar beweer hy het nie na hom gemik nie, en "dat 'n skoot afgegaan het".

Dít was die weergawe wat Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof deur Bernard Bantjes, Kotzé se regsverteenwoordiger, aan sy eksvrou, Ina Bonnette, gestel is.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word daarvan beskuldig dat hulle op 3 Januarie Bonnette se 19-jarige seun, Conrad, vermoor en haar ontvoer, herhaaldelik verkrag, aangerand en probeer het om haar te vermoor.

Bonnette het Kotzé se bewerings ontken dat dit haar idee was om haar seun na die huis te laat kom, en dat sy die nommer op haar selfoon aan Kotzé gewys het. Volgens Kotzé het hy aan Conrad gesê sy ma wil hê hy moet na die huis kom.

Bantjes het gesê volgens Kotzé kan hy nie alles goed onthou nie, maar hy kan onthou dat hy langs Bonnette aan die slaap geraak het. Kotzé beweer verder hy het Conrad buite die huis gesien kort nadat Bonnette hom wakker gemaak het omdat daar 'n klop aan die deur was.

Terwyl hy by die venster uitgeloer het, het hy "gevoel daar was 'n geweer".

Kotzé se weergawe is dat Conrad wou weet waar sy ma is en dat hy (Kotzé) die geweer opgetel het voor hy agter die tiener in die gang afgestap het.

"Net voor hy by die kamer ingestap het waar jy was, het Conrad gevra waar sy ma is. Die beskuldigde het geskrik en het in Conrad se rigting gedraai. Conrad het iets gesê soos 'nee, moenie'. Hy het toe in die ander kamer gegaan.

"Die beskuldigde het agter hom aangestap en in die deur gestaan. Toe het Conrad vir 'n tweede keer gesê 'asseblief oom, moenie'.

"Die beskuldigde kan nie onthou dat hy die vuurwapen in Conrad se rigting gehou het nie, maar 'n skoot het afgegaan. Hy het geskrik en gesien Conrad sak inmekaar. Die beskuldigde onthou dat hy in die gang langs die muur gesit het. Hy weet nie wat hy met die vuurwapen gedoen het nie.

"Hy kan onthou dat hy die huis verlaat en geval het. Hy onthou nie hoe lank hy daar gelê het nie, maar onthou dat hy te swak was om op te staan," het Bantjes gesê.

Bonnette het getuig dat sy gehoor het hoe haar seun Kotzé smeek om nie te skiet nie, waarna 'n skoot afgegaan het. Sy het hom weer hoor smeek, waarna twee skote gevolg het.

Sy kon nie met Kotzé praat nie, omdat haar mond met kleefband toegeplak was. Sy het aan die hof gesê sy is daarvan oortuig dat Kotzé die hele voorval beplan het.

Die verhoor duur voort.
       
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: johan kotze  |  modimolle  |  moorde  |  hof  |  misdaad
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Louisa April Van Niekerk sê... Jammer om te hoor van Vuao ons sal sy vriendlike gesig mis.Die afrikaan wat hy so tri praat,sal altyd onthou word.Hoop familie verstaan afrikaans,onthou God alleen weet hoekom hy nou jul seun pa van sy kinders kom haal het.Onthou hy,s in goeie hand van God wees bly vir hom,en onthou hom soos jul hom geken het.Dink aan die familie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.