Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Kotzé blameer eksvrou

2012-11-27 17:18
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Johan Kotzé, die sogenaamde Modimolle-monster, het sy eksvrou blameer vir sy dade, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Dirk van der Merwe, Kotzé se vriend, het getuig dat Kotzé hom op 3 Januarie vanjaar gebel het nadat hy glo sy eksvrou gemartel, laat verkrag en haar seun doodgeskiet het.

Hy het gehuil en gesê hy wil nie meer leef nie. Hy het gesê Van der Merwe sal hom nooit weer sien nie en moet hom ook nie kom soek nie.

Kotzé het hom weer die aand ná die misdaad gebel.

Toe Van der Merwe hom gevra het "wat de duiwel hy gedoen het," het Kotzé gesê dit is alles sy eksvrou, Ina, se skuld.

Kotzé het gesê hy het twee keer probeer selfmoord pleeg, maar kon dit nie regkry nie.

Van der Merwe het Kotzé aangeraai om hom aan die polisie oor te gee en het selfs aangebied om saam met hom te gaan, maar Kotzé het gesê hy moet eers 'n paar take afhandel.

'n Week later het 'n moeg en afgematte Kotzé by sy werk aangekom en "net daar gestaan".

"Ek het net gesê 'o, Johan, o, Johan' en aan hom gesê om te sit.

"Hy het gesê hy wou met my praat, maar daar was nie tyd nie. Ek het die polisie gebel en hy is in hegtenis geneem," het Van der Merwe gesê.

Kotzé, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word daarvan beskuldig dat hulle Kotzé se stiefseun, Conrad Bonnette, vermoor het, en dat hulle sy eksvrou, Ina, herhaaldelik verkrag het. Hulle het haar na bewering ook ontvoer, aangerand en probeer om haar te vermoor.

Van der Merwe het getuig dat hy en Kotzé die oggend van 3 Januarie koffie gehad het by Kotzé se huis.

Kotzé het aan Van der Merwe gesê hy is moeg en dat hy Ina dopgehou het en nie gehou het van wat hy gesien het nie.

Hy het gesê hy het daardie dag sake in Hammanskraal gedoen en ook sy dogter in Pretoria gaan oplaai.

Kort ná 11:00 het Kotzé gebel en gesê hy en Ina het 'n afspraak vir later die middag en dat hulle dinge gaan uitpraat.

Hy het Van der Merwe herhaaldelik gewaarsku om nie na sy huis te kom nie, omdat hy alleen saam met Ina wou wees.

Kotzé het hom 'n rukkie later weer gebel om reëlings te tref om die palmbome voor sy huis te verwyder. Hy het aan Van der Merwe gesê hy het drie mans in die straat voorgekeer om hom te help.

Twee van die mans het saam met Van der Merwe gegaan om die palmbome oor te plant, maar Kotzé het aangedring dat Andries by hom moet bly. Hy het ook herhaaldelik aan Van der Merwe gesê om die ander twee terug te bring.

Hulle het nie gepraat toe Van der Merwe die ander twee mans by Kotzé se huis afgelaai het nie, maar Kotzé het hom omstreeks 13:45 weer gebel en gesê hy moenie na die huis toe kom nie.

Hy het anders geklink, maar gehuil toe hy Van der Merwe oor 'n paar uur bel om te sê hy wil nie meer leef nie.

Van der Merwe het die hof vertel van 'n voorval oor die Kerstydperk die vorige jaar toe Kotzé 'n vrou, genaamd Lizette, op 'n vakansiereis saam met hom geneem het.

Die vrou se verhouding met Kotzé het versuur nadat hy haar met 'n roeispaan geslaan het. Die vrou het aan Kotzé gesê dit is die laaste keer wat hy haar slaan en het haarself daarna van hom gedistansieer.

Kotzé se 18-jarige dogter uit 'n vorige huwelik, Jo-Marie Kotzé, het getuig dat sy die Kerstydperk saam met haar pa deurgebring het en 'n reëling gehad het om hom weer op 3 Januarie vanjaar te besoek.

Hy het haar 'n paar keer gebel om seker te maak dat alles reg is en het haar weer omstreeks 16:00 gebel.

Kotzé het aan sy dogter gesê hy het Ina met 'n ander man betrap. Hy was baie lief vir haar en teleurgesteld omdat hy nie kon glo dat sy so iets aan hom kon doen nie. Sy het aan haar pa gesê om Ina te los sodat hulle kan aangaan met hul lewens.

Hy het normaal geklink en gereël dat sy by 'n vriend se huis wag. Sy was nie bekommerd oor haar pa nie, en het in daardie stadium nie vermoed dat iets fout is nie.

Die verhoor duur voort.
       
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Penellope Jones sê... Sjoe, lyk die mannetjie en sy liga het net skuld gemaak sover hulle gaan. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.