Kospryse styg meer as 100% in 'n dekade
2012-06-06 19:03
Kaapstad – Die pryse van verskeie basiese voedselsoorte, soos brood, suiwel, tamaties en aartappels, het in die loop van 10 jaar met meer as 100% gestyg, het die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) gesê.
Prof. André Jooste, hoof van die navorsingsentrum oor markte en die ekonomie by die NLBR, sê groot kommer bestaan oor die groeiende gaping tussen pryse wat primêre produsente ontvang en dít wat verbruikers in die kleinhandel betaal, het Landbou.com berig.
Hy het die Landboubesigheidskamer (Agbiz) se tweejaarlikse kongres in die Drakensberge toegespreek.
Jooste sê dit is belangrik om te verstaan wat tot dié hoë pryse aanleiding gee, pleks daarvan om binne waardekettings te begin vinger wys.
Volgens hom bestee die armstes van die armes sowat 36% van hul maandelikse inkomste aan voedsel, en teen die spoed waarteen pryse styg, sal dié groep nie kan oorleef nie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter
- Landbouweekblad