Kos vir olie: DA eis ondersoek
2011-12-08 12:10
Kaapstad – Die DA wil adv. Thuli Madonsela vra om Suid-Afrikaanse maatskappye of individue se betrokkenheid by die olie-vir-voedsel skandaal te ondersoek.
Helen Zille, leier van die DA, het gesê die vraag bestaan waarom die presidensie vyf jaar geneem het om die
Donen-kommissie se verslag bekend te maak, indien geen huidige of
voormalige lede van die regering geïmpliseer word nie.
Die verslag het bevind dat niemand wat by die VN se olie-vir-voedselprogram in Irak betrek is, aan enige misdrywe skuldig is nie.
Die kommissie, wat in 2006 deur die destydse pres. Thabo Mbeki in die lewe geroep is, het die verslag in Junie 2006 aan hom oorhandig.
Mbeki het die verslag toe vir ontleding en advies na die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling verwys.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter