Korrupte vyf 'gee polisie slegte naam'

2011-09-23 07:01
Tweets Share Share line Print

Virginia – Die vyf polisiemanne en oud-polisiemanne wat hier in een van die opspraakwekkendste korrupsieverhore tot nog toe skuldig bevind is, het die goeie naam en reputasie van die polisie deur die modder gesleep en deel geword van die land se misdaadprobleem.

Dit was Donderdag hier in die hooggeregshof die woorde van regter Faan Hancke waar hy dié vyf en vier van hul vyf makkers altesaam 199 jaar tronkstraf opgelê het.

Japhta Khotule, wat ten tyde van die misdrywe ’n polisieman was en ook broer is van die Vrystaatse LUR, Dan Khotule, is die swaarste van al die beskuldigdes gestraf met effektiewe tronkstraf van 26 jaar.

Hancke het gesê Khotule was die aanvoerder van die sameswering tot moord op die ondersoekbeamptes, ao. Nico Smit en ao. Lizelle Herbst, en die klaer in die saak, Karel Marais, sakeman en boer van Wesselsbron.

“Hy was die planmaker. Daar is gesê sy broer is in die parlement en hy sal help om Smit en Herbst uit die polisie te kry.

“Kort daarna het dié twee skorsingsbriewe uit die eenheid teen georganiseerde misdaad gekry. Dit moet onder die aandag van die kommissaris van die polisie gebring word.”

Hancke het gesê korrupsie is ’n kanker in die samelewing en talle ondernemings het reeds stappe gedoen om dit te bekamp.

“Die vraag is wat doen die polisiediens om korrupsie in sy midde uit te roei?

“Daar is tog baie eerlike en hardwerkende polisiebeamptes soos wat in dié saak gesien kan word, mense soos Smit, Herbst en kapt. Karen Herbert.”

Die misdrywe is haarfyn beplan en elkeen het sy eie taak gehad. Daar is selfs van drie polisievoertuie gebruik gemaak.

“Smit moes uit sy eie sak geld bestee om homself te beveilig en so ook Marais, wat baie uitgawes moes aangaan en selfs sekuriteitswagte moes aanstel.”

Die beskuldigdes is aan sameswering tot moord, ontvoering, gewapende roof, die voordoen as polisiebeamptes en die gebruik van voertuig sonder toestemming skuldig bevind.

Die verhoor van Faan Rossouw, voormalige polisie-informant, is Donderdag nadat sy makkers gevonnis is, geskei omdat hy vandeesweek voor die uitspraak verdwyn het, in sy afwesigheid skuldig bevind is en nou ’n voortvlugtige is.

Adv. Francois Pienaar, aanklaer, het gesê die staat is op sy spoor.

Die beskuldigdes se effektiewe vonnisse is: Molehane Mabuza van Wesselsbron 15 jaar, Andrew Scheepers (begrafnisondernemer van Christiana) 24 jaar, Barney Booysen (werklose van Christiana) 18 jaar, ao. Xolisile Blom 20 jaar, ao. Jabulane Xaba 18 jaar, Khotule 26 jaar, ao. Steven Mtwala 18 jaar, Sechaba Masiane 18 jaar en ao. Sello Mtsala 18 jaar.

Die groep sal vandag in die hooggeregshof in Bloemfontein ’n aansoek om appèl teen hul skuldigbevinding rig. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: polisie  |  sapd  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.