Korrupte makelaar en sy medepligtige in hof
2011-11-28 21:55
Kaapstad – Die vonnisoplegging van ‘n man en
vrou wat 10 mediese dokters uit duisende rande bedrieg het is tot middel Desember uitgestel.
Voormalige Old Mutual makelaar Francois
Hendrik du Plessis is skuldig bevind op 41 aanklagte van diefstal, 35 van
bedrog, ses van geldwassery en een van vervalsing.
Sy medepligtige, Elmarie von Willigh, ‘n
voormalige maatskappy-direkteur, het Du Plessis se Old Mutual-rekords in haar
besit gehad.
Sy is skuldig bevind op 41 aanklagte van
diefstal, 22 van bedrog, ses van geldwassery en een van die uitreiking van ‘n
vervalsde dokument.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA