Korrupsie-waghond gaan eis vir slagoffers

2012-01-29 08:35
Tweets Share Share line Print

Corruption Watch gaan klas-aksies onderneem en siviele eise instel teen korrupte staatsamptenare en tenderpreneurs om die miljarde rande terug te kry wat hulle uit die staatskas plunder.

Dié nuwe onafhank­like korrupsiebestrydingsorganisasie gaan ook die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gebruik om inligting waartoe die publiek nie toegang het nie van die staat, ondernemings en individue te bekom om korrupsie oop te vlek.

“As ons kan bewys ’n persoon of gemeenskap is ernstig benadeel, gaan ons namens hulle vir die verliese eis,” het dr. David Lewis, die uitvoerende direkteur van Corruption Watch, aan Rapport gesê.

Die nie-regeringsorganisasie het ’n webwerf en ’n SMS-lyn waar die publiek regstreeks korrupsie in die staatsdiens en private sektor kan aanmeld.

’n Spesiale ondersoekeenheid en regslui sal die bewerings ondersoek en dit aan die polisie, vervolgingsgesag en openbare beskermer oorhandig. Navorsingspanne gaan verslae opstel oor waar in die land korrupsie die ergste is en watter regeringsdepartemente betrek word.

Die publiek sal op die webwerf onbeperkte toegang tot die inligting hê.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het Donderdag by Corruption Watch se bekendstelling in Johannesburg opnuut die aandag daarop gefokus dat die staat jaarliks sowat R30 miljard deur korrupsie verloor, maar die skuldiges word selde suksesvol vervolg.

Geskorste korrupte amptenare sit dikwels jare lank op belastingbetalers se koste by die huis terwyl hul tugverhore sloer, sommige geniet beskerming weens hul bande met ANC-politici en ander word met ’n goue handdruk in die pad gesteek.

’n Vurige Vavi het in sy spreekbeurt gesê dit is tyd dat staatsamptenare tussen die staatsdiens en die sakesektor kies. “Hulle kan nie albei kies nie. Korrupsie is besig om soos ’n veldbrand te versprei. Nie ’n enkele dag gaan verby sonder koerantberigte oor korrupte staatsamptenare nie. As ons niks doen nie, gaan die vloedgolf ons meesleur,” het hy onder luide applous gewaarsku.

Staatsamptenare word toegelaat om sakebelange te hê en talle gebruik hul posisie in die staatsdiens om regeringstenders vir hul ondernemings te bekom.

Hoewel amptenare verplig word om hul sakebelange te verklaar, bevind die Staatsdienskommissie die meeste versuim om dit te doen en daar word nie teen hulle opgetree nie.

Jeff Radebe, minister van justisie wat ’n gasspreker by die bekendstelling was, het egter tydens vraetyd volgehou regulasies oor die verklaring van sakebelange is voldoende en die ANC oorweeg nie wetgewing om dit te verbied nie. Vavi het agterna aan Rapport gesê Cosatu sal by die ANC se beleidskongres in Junie wél op sulke wetgewing aandring omdat dit onontbeerlik is om korrupsie in die staatsdiens te beveg.

Hy het tydens sy toespraak aangevoer interne ANC-verkiesings word nie meer op grond van ideologie gevoer nie, maar die mense met die vetste beursies bepaal die uitslag.

“Verkiesings gaan nie meer oor die stryd van idees nie, maar om beheer van die staatskas.”

Waar om Corruption Watch in die hande te kry:

* Besoek die webwerf www.corruptionwatch.org.za;

* Stuur ’n SMS (teen R1 elk) met die woord “BRIBE” na 45142;

* Besoek CorruptionWatch op Facebook;

* Volg @corruption_sa op Twitter;

* Teen Vrydagmiddag was daar 8 021 besoekers op die webwerf en het 4 000 op die skakel gekliek waar korrupsie aangemeld word.
 
– Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: korrupsie  |  corruption watch

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Mens kan dit amper nie glo nie--dink hierdie varkies ons gaan nooit iets daaraan doen nie? Ek is lankal lus om iemand te piets. As jy ook lus is om iemand hard te piets, klik op die thumbs up hieronder. As daar meer as 50 is, sal ek 'n openbare vergadering reel sodat ons wat saamdink, kan saamkom, om saam te doen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.