Korrupsie-verslag oor polisie 'eensydig'
2011-09-06 17:56
Johannesburg – Die polisie het teruggekap oor 'n verslag van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) wat beweer genl. Bheki Cele en sy voorganger Jackie Selebi het die reputasie van die polisie geskaad.
Dié verslag wat verlede week uitgereik is, het die effek van korrupsie op dié diens bespreek.
Die polisie het egter teruggekap en die verslag as "eensydig" en 'n poging om die polisie te diskrediteer.
"Ons voel die verslag van die Instituut vir Sekerheidstudies is eensydig en onregverdig. Dit wys algemene probleme uit waarvan ons bewus is, maar verskaf geen oplossings nie," het kol. McIntosh Polela, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter