'Korrupsie, onbevoegdheid in Loteryraad'

2012-02-05 10:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Daar is grootskaalse korrupsie en onbevoegdheid binne die Nasionale Loteryraad (NLR), wat jaarliks sowat R3 miljard se uitbetalings beheer, word beweer in ’n plofbare memorandum van een van die organisasie se mees vername geld­versprei- dingsagentskappe.

In die memorandum word onder meer beweer Vevek Ram, die uitvoerende hoof van die NLR wat sowat twee weke gelede skielik bedank het, het met die medewete van die raad betalings van een van die lotery se begunstigdes ontvang en dat hy 12 jaar lank sonder ’n aanstellingskontrak in sy pos was.

In die memorandum word verder aangevoer dat tien personeellede afgedank is nadat hulle vrae oor Ram se bestuursvermoë en die afwesigheid van sy aanstellingskontrak geopper het.

Die memo wat aan Rob Davies, minister van handel en nywerheid, gerig is – ’n afskrif is in Rapport se besit – is deur vyf lede van die lotery se verspreidingsagentskap vir kuns en kultuur geskryf. Die agentskap beheer die toewysing van honderdmiljoene rand elke jaar.

Die ministerie en die NLR het die afgelope week teruggekap en gesê Ram het sy betrokkenheid met een van die lotery se begunstigdes opgeklaar. Ram het ook die bewerings ontken, maar kon nie verklaar hoekom die ouditeur-generaal vrae oor die beweerde afwesigheid van sy aanstellingskontrak gevra het nie.

Die NLR is tans onder groot druk ná toenemende klagtes in die openbaar deur nie-winsgewende organisasies oor die raad se finansieringsmetodes en bewerings van wanadministrasie en korrupsie binne die raad.

Die memorandum is in Julie verlede jaar geskryf, net voordat die termyn van die verspreidingsagentskap verstryk het. Die memorandum onthul verder dat die dogter van Alfred Nevhutanda, NLR-voorsitter, vir ’n organisasie werk wat R41 miljoen se loterygeld ontvang het.

Daar word ook in die memo beweer dat:

* Daar van maand tot maand “onverklaarbare” teenstrydighede bestaan tussen die bedrae wat uitbetaal word en die aantal fondsaansoeke wat nog hangende is – ’n aanduiding van die “onbevoegdheid en wanbestuur” met sowel die bestuur van die fonds as aansoeke;
* Die NLR onwettig die besluit­nemings­proses van die verspreidingsagentskap vir kunste oorgeneem het, ten spyte daarvan dat die wet spesifiek vir ’n skeiding van dié bevoegdheid voorsiening maak; en
* Die raad onwettig ’n appèl-en- hersieningskomitee vir lotery-toewysings aangestel het waarvoor die wet nie voorsiening maak nie.

Drie verspreidingsagentskappe, wat direk aan die minister verslag doen, besluit watter aansoekers loterygeld sal ontvang. Hul besluite is veronderstel om onafhanklik te wees en mag slegs deur die minister herroep word indien daar enige teenstrydighede of navrae bestaan.

Die memorandum dui daarop dat die NLR so ywerig was om van die lede van die agentskappe ontslae te raak dat hy sy poste sonder hul medewete geadverteer het nog voordat hul termyn verstryk het.

In die brief aan Davies smeek die lede die minister om hul termyne te verleng sodat hulle hangende aansoeke kon afhandel.

* Ram sê hy het betalings van Music Is A Great Investment (Miagi) gekry, maar dat die geld van die Britse raad kom.

“Ek is ’n musikant en Miagi is nie die enigste een vir wie ek al opgetree het wat geld van die lotery ontvang het nie.”

Volgens hom kry soveel kunsorganisasies geld van die lotery dat dit onmoontlik is om almal te vermy.

***

“Kinders leef nie vir net een jaar nie.” Dit is die gefrustreerde pleidooi van Jacqui Michael, direkteur van die Johannesburg Parent & Child Counselling Centre, een van die welsynorganisasies wie se aansoek om Lotto-geld verlede jaar op niks uitgeloop het.

Soos ander welsynorganisasies het die sentrum vorige jare geld by die Lotto gekry, maar moes verlede jaar hoor diegene wat voorheen geld gekry het, moet nou tweede in die ry staan.

Die manier hoe die Loteryraad sy uitbetalings bedryf, was een van die redes waarom organisasies verlede Vrydag ’n optog na die Loteryraad-kantoor in Pretoria gehou het.

Volgens Michael was die Lotto-geld vroeër ’n redding. Die sentrum gee terapie aan ouers, kinders en gesinne. Sowat 90% van sy koste behels salarisse van onder andere terapeute en maatskaplike werkers.

Hilda du Toit, bemarkingshoof van Abraham Kriel-kindersorg, sê meer as 1 000 babas, kinders en jong mense is van hulle afhanklik, maar hul inkomste het sedert April verlede jaar drasties gedaal. Hulle het meer skenkers as voorheen, maar weens die resessie is die bedrae 20% tot 30% minder.

Jill Stacey, nasionale direkteur van Outisme SA, sê hulle het reeds hul dienste gehalveer en van hul takke toegemaak.
Jackie Loffell, koördineerder van die Gautengse forum vir welsyn, maatskaplike dienste en ontwikkeling, sê ’n nuwe bedeling is nodig waar nieregeringsorganisasies se kerndienste standhoudend gefinansier word.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: lotery  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.