Korrupsie kry 'n nuwe vyand

2012-01-22 09:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Hoëprofiel-leiers in die sakewêreld, regskringe, kerk en akademie span vandeesweek saam in ’n nuwe organisasie om korrupsiebestryding sigbare slaankrag te gee.

Corruption Watch word Donderdag in Johannesburg bekendgestel in antwoord op die onhoudbare toename in korrupsie en die klaarblyklike onvermoë van die polisie en vervolgings­gesag om dit te beveg.

Dié inisiatief van die vakverbond ­Cosatu kom in ’n week waarin die na­sionale regering ’n bankrot Limpopo onder administrasie geplaas het en die ouditeur-generaal (OG) se bevinding dat provinsiale departemente tot soveel as ­R25 miljard in die 2010-’11-boekjaar verkwis het.

Jeff Radebe, minister van justisie, adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), en Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, is gassprekers by die bekendstelling.

Dr. David Lewis, voormalige voorsitter van die Mededingingskommissie en uitvoerende direkteur van Corruption Watch, het bevestig hul jaarlikse begroting beloop R12 miljoen. Dit is private skenkings waaruit die salaris van 19 heeltydse personeel betaal word.

Corruption Watch sal ’n telefoonlyn en webwerf hê waar korrupsie in die staatsdiens en korrupte bedrywighede van private maatskappye wat met die regering sake doen, aangemeld kan word.

’n Spesiale eenheid met ondersoekers en regslui sal die bewerings ondersoek en dit aan die polisie, die vervolgingsgesag en die OB oorhandig.

Die moontlikheid van siviele eise gaan ook ondersoek word.

Corruption Watch se strategie en beleid sal bepaal word deur ’n raad waarin die volgende mense dien:

* Oudregter Kate O’Regan van die konstitusionele hof;
* Vuyiseka Dubula, hoofsekretaris van die Treatment Action Campaign;
* Vavi;
* Bobby Godsell, voormalige voorsitter van Eskom;
* Mavuso Msimang, voormalige direkteur-generaal van binnelandse sake;
* Dr. Adila Hassim van die Aids Law Project;
* Emeritus-aartsbiskop Njongonkulu Ndungane van die Anglikaanse Kerk; en
* Prof. Mary Metcalfe, onderwyskundige verbonde aan Wits.

Die krisis in Limpopo, waar die provinsiale regering met R3 miljard in die rooi is, het opnuut die aandag gevestig op die korrupte wyse waarop staatsgeld bestuur en bestee word.

Andrew Trench berig die verkrygingsprosedures van Limpopo se provinsiale regering is deurspek met korrupsie, ongerymdhede en kontrakte met staatsamptenare. Luidens die OG se verslag vir die 2010-’11-boekjaar kon die onderwysdepartement in Limpopo nie stawende dokumente voorlê nie vir kontrakte ter waarde van R150 miljoen wat aan staatsamptenare toegeken is.

Voorts kon ouditeure nie bepaal of 27 kontrakte van die departement van openbare werke wettig toegeken is óf wat die waarde daarvan is nie.

Die departement van gesondheid het 11 kontrakte ter waarde van R25 miljoen aan staatsamptenare toegeken en een amptenaar het selfs ’n kontrak van bykans R4,5 miljoen by die gesondheidsdepartement losgeslaan.

Die verslae toon kontrakte is toegeken aan tenderaars “wat daarvoor bekend is dat hulle op ’n korrupte of bedrieglike wyse om die kontrak aansoek gedoen het”. Ander het strydig met wetgewing regeringskontrakte ontvang terwyl hulle nie belastingsertifikate het nie.

***

Ingevolge ’n ontleding van Terence Nombembe, ouditeur-generaal, se ouditverslag vir die 2010-’11-boekjaar het die volgende provinsiale regeringsdepartemente die meeste geld verkwis:

* Noord-Kaapse departement van gesondheid: bykans 43% of R1,1 miljard van sy begroting van R2,6 miljard;
* Gautengse departement van vervoer: meer as 36% of R2,2 miljard van sy begroting van R6,1 miljard;
* Noordwes se departement van openbare veiligheid: bykans 28% of R94 miljoen van sy begroting van R337 miljoen;
* KwaZulu-Natal se departement van sport en ontspanning: 24% of bykans R74 miljoen van sy begroting van R307 miljoen;
* Gauteng se departement van infrastruktuurontwikkeling: 24% of R292 miljoen van sy begroting van R1,2 miljard.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: korrupsie  |  corruption watch

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.