'Korrupsie is leefwyse' – Opname

2012-01-10 19:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die meerderheid van stedelike Suid-Afrikaners voel korrupsie het ‘n leefwyse geword, luidens ‘n opname wat Dinsdag  bekend gemaak is.

“Drie-en-tagtig persent van stedelike volwassenes voel dat korrupsie ‘n leefwyse in Suid-Afrika geword het,” het die navorsingsmaatskappy TNS Suid-Afrika in ‘n verklaring gesê.

Vyf-en-tagtig persent van die respondente voel daar is korrupsie in senior vlakke van regering, het die opname gevind.

“Slegs 11 persent en agt persent onderskeidelik stem nié met die persepsies saam nie,” het TNS gesê.

Ses persent het gesê hulle weet nie of korrupsie ‘n leefwyse geword het nie en agt persent het gesê hulle weet nie of daar korrupsie in senior vlakke van regering is nie.

“Wat opmerklik is en kommer wek, is dat dié syfers grootliks onveranderd is sedert 2005,” het TNS gesê.

Soortgelyke uitslae is in 2005 en 2008 gevind.

Die mees onlangse opname het min verskille tussen demografiese groepe gevind.

“Wat ook kommerwekkend is, is dat dié persepsies teenwoordig is by jonger en ouer mense. Dit wil voorkom of die persepsies heeltemal ingegrawe is – dit is ‘sake soos gewoonlik’.”

Ongeveer 2 000 volwassenes in Suid-Afrika se sewe grootste metro-gebiede het einde verlede jaar aan die opname deelgeneem.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.