Korporaal sterf toe troep hom skiet

2009-11-14 09:06
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Pretoria - Noodlottige operasionele ongelukke het vandeesweek die derde soldaat se lewe in ’n week geëis toe ’n troep in opleiding sy korporaal doodgeskiet het.

Die jongste voorval het eergistermiddag by die Infanterie-opleidingskool in Oudtshoorn gebeur terwyl die soldate besig was met skadebeheer-opleiding by Kansasvlakte.

Soldate van die senior kursus vir onderoffisiere was na verneem word besig met voorbereiding met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi.

’n Kursusganger het kpl. Tuis Dimakatso Malitisi (36), ’n burgermaglid van die Regiment Chris­tiaan Beyers in Polokwane, tydens die oefening geskiet.

Hy is volgens die weermag na ’n hospitaal in Oudtshoorn geneem, maar is met sy aankoms dood verklaar. Die polisie en die weermag ondersoek die voorval.

Skadebeheer word normaalweg sonder skerp ammunisie gedoen solank dit in die hande van die polisie is. As ’n situasie egter handuit ruk, vorm die weermag die tweede lyn van optrede, het Henri Boshoff van die Instituut vir Sekerheidstudies gesê.

In só ’n geval word skerp ammunisie gebruik soos inderdaad ook met die oefening die geval was.

Verlede week is twee diensvrywilligers in ’n valskermongeluk dood.

Skutters John Mpshe (23) van Brits en Thabang Mokoena (22) van Wepener was besig met hul laaste voorbereidende statiese lynspronge voordat hulle as valskermsoldate sou kwalifiseer.

Albei was by die 44 Valskermregiment by Tempe in Bloemfontein gestasioneer.

Een van die valskerms het glo ’n skeur ingehad, terwyl daar moontlik ook fout met die tweede een was.

In só ’n geval het die valskermsoldate hul noodvalskerms op om terug te val. Nie een van die twee oorledenes het egter na verneem word hul noodvalskerms oopgetrek nie.

Die weermag se raad van ondersoek na dié voorval sal glo onder meer die verpakkingsproses van die valskerms ondersoek om te bepaal of daar wel fout met die skerms was en of die pakproses tekort geskiet het.

Die Burger

Lees meer oor: ongelukke  |  sandf

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

sanet1234 sê... Dit is onvanpas om so 'n skildery van enige persoon te maak, wat nog van jou land se President. Wat reg is, is reg. Laat hulle die sondaars dagvaar. Dit is 'n bespotting van 'n familielid/bekende teenoor die hele wêreld. Ek sê weer, wat reg is, is reg. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Apple developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Senior BI programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.