Kopskoot vir Durbanse rower
2010-03-07 15:00
Durban - 'n Man in Durban het twee rowers doodgeskiet toe hulle hom Saterdag in die vroeë oggendure probeer beroof het.
Die twee mans het klaarblyklik die skieter op Pointstraat genader om hom te beroof. Die man het egter 'n geweer uitgehaal en in selfverdediging op die misdadigers geskiet.
Volgens Jeff Wicks, Netcare 911-woordvoerder, is die spesifieke besonderhede van die voorval nog nie bekend nie.
Een rower is in die kop geskiet, terwyl die tweede in die skouer getref is.
Beide is dood voor paramedici op die toneel opgedaag het.
Hulle wou glo geld en ander waardevolle items gehad het.
- Sapa