Kopskoot eis boer: 2 gevang

2010-04-01 14:01
Tweets Share Share line Print

André Damons

Johannesburg - Nog twee mans is Maandag in Mamelodi in die ooste van Pretoria aangekeer weens aanvalle op boere en bejaardes in Limpopo.

Steven Sibeko (28) en Frans Monyamane (32) is deur die polisie se elite-misdaadeenheid, die Valke, in hegtenis geneem ná die skietdood van Albert van Deventer (63) op sy wildplaas Langwater naby Vaalwater.

Die eenheid het met dié inhegtenisnemings tot dusver nou al 15 mans in verband met verskeie plaasmoorde sedert Desember verlede jaar in Limpopo in hegtenis geneem, het supt. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, gesê.

Van Deventer is omstreeks 19:00 op 13 Maart na bewering deur Sibeko, Monyamane en ’n makker in die tuin oorval toe hy die waternatleiding gaan skuif het. Hy is op kort afstand in die gesig geskiet. Hy is vermoedelik op slag dood.

Die aanvallers het daarna na die kombuis gehardloop waar mev. Van Deventer was. Hulle het haar vasgebind, geblinddoek en in die vertrek rondgesleep. Hulle het later haar klere uitgetrek. Sy het gevrees sy gaan verkrag word en het by die aanvallers gepleit om dit nie te doen nie. Die aanvallers het die kluissleutels en geld gevra.

“Behalwe vir Sibeko en Monyamane is al die ander verdagtes (in die ander aanvalle) kort ná die aanvalle in hegtenis geneem,” het Otto gesê.

Sibeko en Monyamane het reeds eergister op aanklagte van gewapende roof en moord in die Modimolle (Nylstroom)-landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 8 April.

Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.