Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Koperdiewe bedreig nasionale veiligheid'

2011-09-04 10:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Dis nie net Suid-Afrika se krag- en-vervoerstelsel wat deur koperdiewe verlam word nie.

Verskeie plekke, onder meer Hawaii, Kalifornië en Ohio in Amerika, het die laaste maande weens dié soort diefstal kragonderbrekings gehad.

In Brittanje word ondernemings se telefone gereeld afgesny omdat kabels gesteel word.

Kabeldiewe het honderdduisende inwoners van Kroonstad in die Vrystaat en Koster in Noordwes die afgelope twee weke dae lank sonder krag laat sit.

Duisende pendelaars is ook in Kaapstad gestrand gelaat toe kabeldiewe die treindiens verlam het en honderde gesinne in Centurion se telefone was buite werking gelaat toe Telkom se kabels hier gesteel is.

Koper wat hier en in lande soos Amerika, Rusland en Brittanje gesteel word, beland op markte in China, Indië, Korea en Dubai.

Dit blyk dié misdaad floreer ondanks die versekering agt jaar gelede van Alec Erwin, destydse minister van handel en nywerheid, dat voldoende wetgewing bestaan om teen kabeldiewe op te tree.

Rapport verneem koperkabels ter waarde van R264 miljoen is die afgelope boekjaar by Telkom, Spoornet en Eskom gesteel.

Staatskorporasies en munisipaliteite bestee miljoene rande aan veiligheidsmaatreëls en die bou van oorhoofse kabelstelsels, maar dít maak glo min verskil.

“Ons glo dit het nou so ver gevorder dat dit ons nasionale veiligheid belemmer.

“Ons kommunikasie, vervoer en verskeie ander dienste word daagliks hierdeur geraak,” ­sê adv. Simi Pillay-Van Graan, die projekhoof van Besigheid Teen Misdaad.

Koper het die laaste tyd skaars geword en wêreldwyd ’n mark vir sindikate geskep, sê sy.

Die prys van koper het ook die hoogte ingeskiet en daar is ’n onversadigbare vraag na dié metaal, sê John Cross, voorsitter van die Vereniging vir Kopervervaardiging. In 2008 was die internasionale prys R21 000 per ton.

Dit het aan die begin van die jaar tot R70 000 per ton gestyg

Dit verhandel nou teen R63 000 per ton, sê Cross.

Baie lande het reeds streng wetgewing om die uitvoer van gesteelde koper te reguleer, maar in Suid-Afrika kan enigiemand steeds koper sonder moeite uitvoer, sê Pillay-Van Graan.

“Ons werk nou saam met die departement van handel en nywerheid aan wetgewing wat dit ’n strafregtelike oortreding maak om gesteelde metale en ander goedere uit te voer.

“Die minimum vonnis vir die oortreding is tien tot 15 jaar tronkstraf,” sê Pillay-Van Graan.

Pieter van Dalen, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings, sê strenger wetgewing is nodig.

Van Dalen het die “Copperhead-eenheid” in 2007 in Kaapstad begin.

“Koperdiefstal is ’n ekonomiese misdaad wat almal raak en die regering moet dringend maatreëls in werking stel om dit te bekamp,” sê Van Dalen.

“Koperdiefstal moet daarom tot ’n prioriteitsmisdsaad verklaar word en 40% uitvoerbelasting moet ook op koper gehef word,” sê hy.

Volgens hom is die plaaslike skrootmetaalbedryf meer as R4 miljard werd en word dit deur ’n mafia beheer “wat enigiets sal betaal om dit in stand te hou”.

“Gewese polisiemanne is nou betrokke omdat hulle weet dat dit nie as ’n prioriteitsmisdaad gehanteer word nie en dit ’n maklike manier is om baie geld te verdien,” sê Van Dalen.

Koperdiewe gebruik gewoonlik ’n houtstok met ’n saag vooraan om die kabel te sny.

Die omhulsel wat die kabel merk, word gebrand of afgesny.

“Die diewe bevind hulle in ’n lewensgevaarlike situasie.

“Die stroomsterkte wat deur die kabels vloei, is ver bo die hoeveelheid wat ’n mens dadelik doodmaak,” sê Van Dalen.

“Die sindikaatbase voel eintlik ­vere vir die diewe wat die lewens­gevaarlike vuilwerk moet doen.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Francois Blom sê... En ek, as 'n gelowige, kan nie glo dat Christene sulke snert kwytraak nie. Los diegene wat nie glo nie, dit traak jou nie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.