Kop-aan-kop eis vier
2009-08-17 13:44
Johannesburg – Vier mense is Maandagoggend in ‘n kop-aan-kop botsing in Nelspruit dood, het Mpumalanga polisie gesê.
Kort na 07:00 het ‘n Toyota Quantum minibus en ‘n bakkie in mekaar vasgery op die Luphisi pad wat na die Kruger Mpumalanga Internasionale lughawe gaan, het inspekteur Dawid Pretorius gesê.
Daar was twee mense voor in die bakkie en ses agterin.
Die twee wat voor gesit het, sowel as twee van die agterste passasiers, is op die toneel dood.
Die ander vier en die bestuurder van die minibus is ernstig beseer.
Daar was geen passasiers in die minibus nie.
‘n Saak van slagbare manslag is oopgemaak.
- Sapa