Koos weier hospitaal se Engelse toelating

2010-03-19 07:32
Tweets Share Share line Print

Antoinette Pienaar, Die Burger

Pretoria - Koos van der Merwe, IVP-hoofsweep, weier om by die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria-Oos opgeneem te word vir ’n heupvervangingsoperasie omdat die hospitaal se opnamevorms net in Engels beskikbaar is.

Van der Merwe is die laaste paar dae in ’n argument met die hospitaal betrokke omdat hy meen sy taalregte word ontken.

Hy het het reeds die mediese toetse vir die operasie ondergaan en sou vandag opgeneem en Maandag geopereer word. Sy dokter opereer glo net by die Wilgers.

“Ek het ’n Afrikaanse vorm geëis, maar hulle het gesê hulle kan my slegs opneem as ek die Engelse een onderteken.

“Dit is glo ’n besluit van Life se hoofkantoor. Ek het geweier om dit te onderteken.

“Ek voel verneder omdat ek as Afrikaner wat siek is en in pyn verkeer nie in die taal van my keuse opgeneem kan word nie,” het Van der Merwe gesê.

AfriForum het intussen ’n brief oor die kwessie aan die Life-groep geskryf waarin hy dreig om Life by taalrade aan te gee.

AfriForum meen die hospitaal is in ’n Afrikaanse gemeenskap geleë en behoort mense in Afrikaans te help.

Marietjie Shelly, kommunikasiebestuurder van Life, het Donderdag bevestig die vorms is slegs in Engels beskikbaar, maar dat daar geen wetlike plig is om dit in alle landstale beskikbaar te stel nie.

“Desnieteenstaande het ons groep ’n paar maande gelede met ’n proses begin om hierdie vorm nie net in Afrikaans nie, maar ook in Zoeloe, Xhosa en Tswana aan pasiënte beskikbaar te stel.”

Die proses sal binne ’n paar maande afgehandel sal wees.

Shelly het gesê Life hoop dat Van der Merwe sal besluit om tog sy prosedure by die Wilgers te laat doen.

Van der Merwe het in reaksie gesê hy sal intussen die vorm self laat vertaal en aan die hospitaal aanbied.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: hospitaal  |  tale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
75 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.