Konstruksie by Carnival City stop ná werker sterf
2010-07-02 15:23
Johannesburg – Konstruksiewerk by Carnival City is gestop nadat ’n werker gesterf en ‘n ander een beseer is toe ‘n betonblok bo-op hulle geval het, het ‘n beampte Vrydag gesê.
“Die departement het ‘n verbod op die konstruksiemaatskappy geplaas nadat die ongeluk Donderdag plaasgevind het. Die twee werkers was onder die betonblok vasgekeer,” het Mishack Magakwe in ‘n verklaring gesê.
Een van die twee werkers het kopbeserings opgedoen.
Die verbod sal konstruksie tot ‘n halt bring totdat ‘n ondersoek eers deur die departement gedoen is.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA