Komplot om Zuma te vervang – verslag
2011-04-10 20:36
Adams – Zweli Mkhize, voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, het Sondag met afsku reageer op berigte dat hy en ander senior partyleiers saamspan om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak.
"Dit is 'n leuen. Daar is nie so 'n komplot nie," het hy gesê.
Mkhize het talle ANC-ondersteuners by 'n manifesto-bekendstelling vir die eThekwini-streek buite Amanzimtoti toegespreek.
Die Sunday Independent het Sondag berig dat hy 'n dokument van 22 bladsye gesien het waarin genl. Bheki Cele ten gunste is van die toekomstige leierskap van Tokyo Sexwale.
Dié koerant het berig dat Sexwale aan stuur van 'n groep is wat tydens volgende jaar se verkiesingskonferensie van Zuma ontslae gaan raak.
Die groep sluit in Mkhize, Julius Malema, Mathews Phosa, Fikile Mbalula, Jeff Radebe, Paul Mashatile, David Mabuza, Cassel Mathale, Thandi Modise, Enoch Godongwana, Bathabile Dlamini en Tony Yengeni.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA