Komitee sal inligtingswet ondersoek
2011-11-24 13:09
Kaapstad – Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het 'n ad hoc-komitee saamgestel om die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te oorweeg en 'n verslag saam te stel.
Die omstrede wetsontwerp is Dinsdag ten spyte van wydverspreide teenkanting deur die Nasionale Vergadering aanvaar.
Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad, het gesê opposisiepartye en burgerregte-groepe sal 'n waterdigte saak teen die wetsontwerp moet hê.
Die wetsontwerp moet eers na die NRP gaan en dít gee dié groepe genoeg tyd om die bekragtiging van die wet in die konstitisionele hof te betwis.
"Ek vermoed die konstitisionele hof sal sê die wetsontwerp vat dit te ver as hulle die vereiste van aanspreeklikheid en deursigtigheid in ag neem," het De Vos gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter