‘Kollig ‘nie glansryk genoeg vir Boesak’

2009-11-05 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Dr. Allan Boesak, voormalige Wes-Kaapse Cope-leier, is nie gedruk om te loop nie, maar het inderdaad gekies om te spring.

Só het Mbulelo Ncedana, Cope-hoofsweep in die provinsiale parlement, gister teruggekap ná Boesak se bedanking.

Ncedana was glad nie spaarsamig met die klappe wat hy in sy verklaring uitgedeel het nie. Hy het Boesak onder meer daarvan beskuldig dat hy en Simon Grindrod, voormalige Cope-verkiesingshoof, kop in een mus is.

“Dit is asof hy Grindrod en ander se verskonings geknip en geplak het.

“Dit is vir ’n geruime tyd reeds duidelik Boesak was, om watter rede ook al, nie gemaklik binne die strukture van Cope nie,” het Ncedana gesê.

Hy het gesê Cope-lede het gehoor van sy vergaderings met ander politieke partye, veral die ANC.

Lynne Brown, leier van die opposisie in die provinsiale parlement, en Mcebisi Skwatsha, ANC-LPP, het ’n ope verwelkoming gerig aan Cope-lede wat na die ANC wil terugkeer.

Lizel Steenkamp berig verskeie Cope-LP’s het gesê die kollig van die Wes-Kaapse wetgewer was nie glansryk genoeg vir Boesak nie.

Hy wou in die nasionale parlement dien.

Dié charismatiese kerkman is boonop beskryf as “iemand wat sterk op die materiële ingestel is”.

Daar was wel pogings om Boesak in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) te kry, maar Cope se Wes-Kaapse strukture het vasgeskop om Onell de Beer in die NRP te behou.

“Allan het te min aandag (in die wetgewer) gekry. Hy is ’n showman. Hy wou op ’n nasionale vlak rimpelings maak,” het ’n senior LP gesê. Volgens ’n lid van Cope se nasionale komitee was Boesak ’n geruime tyd lank ongelukkig.

“Hy wou op ’n nasionale vlak wees, maar hy is juis in die Wes-Kaap ontplooi om leiding te gee – iets wat hy nie gedoen het nie. Hy kon sy eie platform geskep het, maar het net teruggesit.”

- Die Burger
 

Lees meer oor: cope  |  politiek

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.