Kollege se deure bly oop danksy Nzimande

2010-10-24 08:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, gaan ingryp om die Hugenote Kollege in Wellington se voortbestaan te verseker.

Die kollege is deur sluiting in die gesig gestaar omdat dit ’n private instelling is wat, danksy samewerking met die Universiteit van Stellenbosch, ook geld van die belastingbetaler ontvang.

Dit is strydig met die Wet op Hoër Onderwys, wat nie vir sulke ooreenkomste tussen private en staatsinstellings voorsiening maak nie.

Die gevolg sou wees dat honderde studente nie hul studies ongestoord sou kon voortsit nie, terwyl dosente hul poste sou moes ontruim.

Volgens Nqaba Nqandela, stafhoof in Nzimande se kantoor, het die minister egter besluit om, na aanleiding van die tekort aan maatskap­like werkers in Suid-Afrika, in te gryp om sluiting te voorkom.

In die tweede plek sal die ministerie die kollege volgende jaar daadwerklik bystaan sodat dit aan die vereistes van die wet kan voldoen.

“Die ministerie besef terdeë wat die omvang van die nood op maatskap­like gebied is en sal alle stappe doen om die voortsetting van die studente se studies te verseker.

“Die studente kan nie ly onder die probleme wat daar oor die kollege se wetlike posisie is nie,” het Nqandela by navraag aan Rapport gesê.

Die minister se ingryping volg op versoeke op politieke vlak. Nqandela het spesifiek verwys na versoeke van me. Helen Zille, Wes-Kaapse premier, en Edna Molewa, minister van maatskaplike ontwikkeling, dat die kollege moet aanhou funksioneer.

Harde politieke werk is ook agter die skerms gedoen deur die DA-LP’s dr. Junita Kloppers-Lourens en Patricia Kopane.

Prof. Johan Viljoen, die rektor van die kollege, was baie versigtig toe Rapport hom met die nuus kontak.

“Ons sal wag vir amptelike korrespondensie van die minister voordat ons kommentaar lewer,” het hy gesê.

- Rapport

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.