Koerante ‘praat nie bruin nie’

2010-10-01 07:27
Tweets Share Share line Print

Potchefstroom - Bruin mense wil deel word van die hoofstroom. Hulle wil deel wees van die lesers van Afrikaanse koerante en tydskrifte, maar dié “praat” nie hul taal nie. “Ons is steeds gemarginaliseer.”

So het dr. Danny Titus, voorsitter van die ATKV, gisteroggend tydens die Sol Plaatjie-diskoersreeks by Aardklop gesê.

Titus en Tim du Plessis, redakteur van Beeld, het met Ruda Landman, joernalis en voormalige aanbieder van Carte Blanche, gesels oor kultuurverskeidenheid. Die tema was “Jou makarapa en my Blou Bul-horing-hoed. Hoe definieer jy jou kultuur? Is ons ’n trotse nasie of
vele volke saamgegooi aan die suidpunt van Afrika?”

Titus het gesê die Suid-Afrikaanse samelewing ry heeltyd wipplank: “Een oomblik word (oudpres. Nelson) Mandela vrygelaat, die volgende word Chris Hani (SAKP-leier) vermoor; een oomblik het ons die ekstase van die Wêreldbeker en die volgende oomblik die uitgebreide staatsdiensstaking.”

Hy meen Suid-Afrikaners praat hopeloos te min met mekaar en luister nog minder. Hy beskou homself nié as ’n Afrikaner nie, maar wel as ’n “bruin persoon” waarvoor daar nie plek is in Afrikaanse koerante nie.

Du Plessis het gesê ’n mens behoort nie eens die vraag te vra of jy ’n Afrikaner is nie. As jy dít vra, is jy reeds van koers af.

“As ek in die buiteland is, is ek primêr ’n Afrikaner. In Johannesburg met sy roesemoes raak ek gereeld bewus van my Afrikaansheid, nie op ’n bekrompe manier nie, maar op ’n spesiale manier.

“Ons moet soos kinders wees. Hulle sien verskille raak, maar oordeel nie.”

Titus het die gesprek teruggestuur na Afrikaanse koerante en tydskrifte wat nie “sý taal praat nie” en bruin mense se ervaring uitsluit. Hy het weer (soos einde Augustus by die Afrikaanse Taalraad se onderwyskonferensie) kritiek gelewer op die taal waarin veral Rapport skryf en ook houe ingekry na Sarie, Huisgenoot en RSG wat (volgens hom) nie die taalverskeidenheid van Afrikaans in ag neem nie.

Du Plessis het aan Titus gesê koerante is op markte gerig.

“Kopers gee die koers aan.”

Titus het daarop aanvallend aan Du Plessis gesê: “Erken jy skryf vir wit mense.”

Du Plessis het geantwoord Titus se uitlating is ’n baie politiek onkorrekte stelling en dat berigte wat in koerante geplaas word op nuuswaarde beoordeel word.

Met verwysing na die Blou Bulle wat in Soccer City rugby gespeel het, het hy gesê dié “kruiskulturele bestuiwing” het “spontaan gebeur”.

Salie de Swardt, voormalige redakteur van Beeld, het gesê hy ervaar dit dat gewone mense in Suid-Afrika reeds baie nader aanmekaar beweeg het, “hoewel die politiek hulle van mekaar wegdryf”.

Titus het gesê die koerant Son word “geweldig positief” in die bruin gemeenskap ervaar, maar hulle wil graag nader aan die hoofstroomkoerante beweeg.

Sowel Du Plessis as Titus, wat tydens die gesprek dikwels kwaai met mekaar verskil het, het ten slotte saamgestem dat hulle bymekaar moet uitkom vir “’n robuuste gesprek”.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.