Koerant appelleer dalk McBride-uitspraak

2010-03-02 15:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - The Citizen gaan hom dalk tot die grondwethof wend om teen 'n uitspraak van die appèlhof in die guns van Robert McBride te appelleer, het die koerant Dinsdag gesê.

Die appèlhof het beslis dat die koerant verkeerd was om die voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof 'n moordenaar te noem sedert hy amnestie van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) gekry het.

Die saak spruit voort uit 'n reeks berigte wat in 2003 voor McBride se aanstelling as metropolisiehoof gepubliseer is.

The Citizen het geappelleer teen ’n bevinding van die hooggeregshof in Johannesburg dat die koerant McBride R200 000 moet betaal omdat daar na hom as ’n moordenaar verwys is, asook weens ’n beskrywing dat hy “twyfelagtige flirtasies met wapenhandelaars in Mosambiek gehad het”.

Dié bedrag is na R150 000 verminder.

In kommentaar wat Dinsdag deur die koerant gepubliseer is, het hy na die minderheidsuitspraak van regter K.K. Mthinyane verwys.

Mthinyane het gesê The Citizen se berigte oor McBride was billike kommentaar en McBride behoort geen sent te kry nie.

Die koerant het ook gesê dat die verwysing na McBride as 'n moordenaar is streng gesproke feitelik korrek is.

In die minderheidsuitspraak is ook gesê dat die interpretasie van die WVK-wet soos weergegee deur die meerderheidsuitspraak 'n demper sal plaas op vryheid van uitdrukking wat onder die grondwet gewaarborg word.

Martin Williams, redakteur van The Citizen, het gesê hy stem saam met dié interpretasie.

Die koerant se besluit sal ná 'n vergadering met sy prokureurs bekend gemaak word.

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: robert mcbride  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.