Koerant appelleer McBride-beslissing
2010-03-24 14:23
Johannesburg - The Citizen wag vir die prokureurs van Robert McBride om hul dokumente in te handig in 'n saak waar die grondwethof moet besluit of dit lasterlik is om 'n persoon 'n moordenaar of misdadiger te noem ná hy amnestie gekry het.
Dít volg na 'n beslissing van die appèlhof dat dit lasterlik was om McBride, wat in 1986 'n bom in die Magoo’s-kroeg in Durban geplant het, 'n moordenaar te noem.
Hy het amnestie van die Waarheids-en-Versoeningskommissie vir sy aandeel in die ontploffing in 1986 gekry.
Kort voor McBride as Ekurhuleni-metropolisiehoof aangestel is, het dié koerant 'n reeks rubrieke geplaas wat sy geskiktheid vir dié pos bevraagteken.
– Sapa