'Koeëlvaste baadjie nie genoeg'

2009-10-13 07:30
Tweets Share Share line Print

 Virginia Keppler

“Daar is nie ’n koeëlvaste baadjie vir jou kop nie. Geen koeëlvaste baadjie sou dié jong man se lewe kon red nie.”

So het komm. Khomotso Phahlane, die polisie se afdelingskommissaris vir personeeldienste, gister by die Silverton-polisiekantoor in Pretoria gesê nadat hy studente­­konst. Mandla Ngwenya (23) se ma en ander familielede ontmoet het.

Ngwenya is die tweede polisieman wat binne ’n week doodgeskiet is terwyl hy op ’n klagte gereageer het.

Hy het ’n koeëlvaste baadjie gedra toe hy Saterdagnag in Mamelodi-Oos, oos van Pretoria, in die kop geskiet is.

Kapt. Charl Scheepers, operasionele bevelvoerder van misdaadvoorkoming by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria, het nie sy koeëlvaste baadjie aangehad toe hy die vorige Saterdagaand by ’n bouterrein in Lynnwood twee keer in die maag geskiet is nie.

Scheepers het die oggend voor die voorval moesies van sy rug laat verwyder en kon nie die baadjie dra nie omdat sy rug nog sensitief was.

“Misdadigers is wreed en dié jongman het die hoogste prys betaal,” het Phahlane gesê. “Dit is ongelukkig dat polisielede wat ons land met trots dien, deur misdadigers geteiken word.”

Die gemeenskap wil volgens Phahlane oorreageer as die minister van polisie oor art. 49 van die Strafproseswet (die “skietwet”) praat, maar die polisie waardeer die regering se poging om dié wet te wysig.

Adjunk- nasionale kommissaris Magda Stander en komm. Perumal Naidoo, Gautengse polisiehoof, was ook gister by die polisiekantoor om Ngwenya se familie te ondersteun.

“Ons gaan op die misdadigers inzoem, hulle aankeer en die oorlog teen misdaad wen. Ons sal niks onaangeraak los om dié polisieman se moordenaars aan te keer nie,” het Stander gesê.

“Verlede Vrydag het ons kapt. Scheepers begrawe en vandag staan ons al weer by ’n polisieman se familie wat deur ’n misdadiger gedood is.”

Volgens Stander was Ngwenya se familie te getraumatiseerd om met die media te praat. “Hy was sy ma ( Mavis Ngwenya) se enigste kind. Hy was twee jaar in die polisie en sou in Desember konstabel geword het,” het Stander gesê.

Sy het gesê polisielede word daagliks sensitief gemaak oor hoe hulle hulself moet beskerm wanneer hulle op ’n klag reageer. “Lede ondergaan ook ’n oorlewingskursus en word aangemoedig om hul koeëlvaste baadjies te dra,” het sy gesê.

Naidoo het gesê Ngwenya was toegewyd, lojaal en het nooit gehuiwer om na ’n misdaadtoneel te gaan nie.

Volgens Stander sal Ngwenya op Piet Retief begrawe word, waar sy ma woon. Hy sal met volle militêre eerbewys begrawe word as sy familie daartoe instem.

- Beeld

Lees meer oor: polisie  |  polisie mag skiet  |  dood

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.