Koeëldood vir dapper polisieman

2010-06-07 07:56
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg – ’n Johannesburgse polisieman is eergisteroggend koelbloedig doodgeskiet toe hy ’n groep van soveel as 15 mans agternagesit het wat ’n transitovoertuig beroof het.

Minstens twee van die vier verdagtes wat weens die moord op sers. Gert du Toit (32) van die polisie se K9-eenheid (die voormalige honde-eenheid) in Johannesburg in hegtenis geneem is, is moontlik polisiebeamptes.

Die rowers het ook ’n ander polisieman, konst. Musa Arthur Kefwa, en twee veiligheidswagte van Coin-sekuriteit gewond.

Beeld het van betroubare bronne verneem van die verdagtes is polisielede wat by onderskeidelik die Sharpeville- en die Sebokeng-kantoor werk.

Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê hy kan nie bevestig dat geen polisielede by die misdaad betrokke was nie, berig Hilda Fourie.

Soos wat die ondersoek verloop, kan dit uitkom dat polisielede betrokke was. “Ek kan hulle nie polisielede noem nie. Hulle is misdadigers wat polisie-uniforms gebruik,” het Cele gesê.

Volgens hom was minstens een van die mans wat vasgetrek is uit op borgtog vir ’n soortgelyke misdaad.

’n Ander is ’n oudwerknemer van Coin-sekuriteit. Dié maatskappy het dit bevestig.

Du Toit, of Toitjie soos hy onder kollegas bekend was, se vrou, Alicia, ’n polisieklerk, was ten tyde van die voorval aan diens by die tydelike beheersentrum by die ou blitspatrollie in Brixton se radiokamer.

Dit is ingerig vir WB 2010.

Mev. Du Toit het die jaagtog glo op die radio gevolg. Kort nadat haar man noodlottig in die linkersy gewond is, het sy die nuus verneem.

Een van die polisiebeamptes wat op die toneel was, het gister aan Beeld gesê Du Toit se lyk het buite die polisiemotor gelê.

“Dit het gelyk of hy uitgespring het om agter die motor skuiling te soek.”

Die groep rowers het gister tussen 07:00 en 08:00 in vyf motors op die Coin-transitowa en ’n rugsteunvoertuig op die N1-suid tussen die Maraisburg- en die Nasrec-oprit toegeslaan.

Dit is slegs enkele kilometer van die Soccer City-stadion, waar WB 2010 Vrydag afskop.

Volgens brig. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, het die rowers twee motors gebruik om die Coin-voertuie van die pad te dwing en sakke kontant te gryp.

“Nadat hulle die twee wagte geskiet het, het hulle dié motors agtergelaat en in ander voertuie gevlug.”

Die polisie het hulle by Ou Potchefstroomweg in die rigting van Soweto opgemerk en agternagesit.

“In die jaagtog het die verdagtes op die polisiebeamptes losgebrand en die een (Kefwa) in die hand getref.”

Hulle het daarna na Protea-Suid in Soweto gejaag waar daar weer ’n oor-en-weer-skietery was en Du Toit noodlottig gewond is.

Een van die voertuie het ook in ’n erf ingery waar ’n vrou met ’n kind op haar skoot gesit het. Die ma het met haar kind weggehardloop.

Vier verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op drie voertuie en agt vuurwapens, waaronder ’n AK47-, R4- en R5-aanvalsgewere en ’n pistool.

Sowat ’n uur ná die rooftog was die N1 afgesper en verkeer het etlike kilometer ver opgedam.

’n Chinese filmspan het uit die motorvensters geleun om die toneel af te neem.

Volgens brig. Govindsamy Mariemuthoo, Gautengse kommunikasiehoof, verwag die polisie binnekort nog arrestasies.

Volg Beeld op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: polisie  |  transitoroof

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.