Koeberg Eenheid Een weer op dreef
2011-05-14 21:52
Kaapstad - Eskom is besig om Eenheid Een van sy Koeberg-kernkragstasie naby Kaapstad weer aan die gang te kry ná die eenheid in die vroeë oggendure van Saterdag buite werking was, het die kragvoorsiener gesê.
"Die oorsaak van die probleem was 'n foutiewe elektroniese komponent. Die fout is reggestel. Die reaktor in Eenheid Een is in 'n veilige en stabiele toestand," het Eskom in 'n verklaring gesê.
Eenheid Twee, wat afgeskakel is vir geskeduleerde instandhouding, sal weer in die komende week in gebruik geneem word.
Daar was geen onderbrekings in die voorsiening van elektrisiteit nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA