Kode Rooi vir die Wes-Kaap

2010-12-29 07:35
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Kode rooi geld vir Kapenaars en vakansiegangers nadat hulle Dinsdag gewaarsku is oor ’n sterk brandgevaar wat tot Nuwejaar kan duur.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is die warm weer wat tans in die Skiereiland ervaar word, tesame met sterk winde, gunstige toestande vir weghol-veldbrande.

Die Kaapstadse munisipaliteit se afdeling rampbestuur en die 29 brandweerstasies reg oor die metropool is vir die res van die week op ’n hoë gereedheidsgrondslag.

Selfs brandbestryders en noodwerkers wat van diens is, is op bystand geplaas.

“Ons gaan geen kanse waag nie en is slaggereed vir die verwagte warm weer en sterk winde,” het Wilfred Solomons-Johannes, waarnemende hoof van die munisipaliteit se rampbestuur-eenheid, Dinsdag gesê.

Dit kom nadat ’n verwoestende brand Sondag 163 plakkershutte in die Masiphumelele informele nedersetting naby Vishoek vernietig en 700 mense dakloos gelaat het.

’n Tweede brand het Dinsdag omstreeks 15:40 in dieselfde gebied uitgebreek en sowat 20 huise verwoes.

Altesaam 32 brandweerbeamptes, vyf brandweerwaens, twee waterenjins en ’n reddingsmotor is gebruik om die brand te blus.

Niemand is beseer nie, maar sowat 60 mense is dakloos gelaat.

Theo Layne, woordvoerder van die brand- en reddingsdienste, het gesê die oorsaak van Dinsdag se brand is onbekend.

Die brand- en reddingsdienste het tot Dinsdag om 17:00 op 38 veldbrande in die metropool gereageer.

Temperature in die hoë twintigs en dertigs word tot Vrydag voorspel asook ’n sterk suidoostewind van tot 45km/h. Veral die Weskus gaan bloedig warm wees.

’n Snikhete 31°C word vir Nuwejaarsdag in die Moederstad voorspel. Krieketliefhebbers kan 25°C vir Sondag, wanneer die derde en laaste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Indië op Nuweland begin, verwag.

Die stad se brandweerdienste is vandeesmaand reeds na meer as 1000 voorvalle van brande uitgeroep.

“Ons is die afgelope feestyd reeds na 1136 voorvalle van plantasiebrande uitgeroep. Daar was 122 brandvoorvalle in informele nedersettings en 123 brande by formele behuising,” het Layne gesê.

Inwoners van Masiphumelele het Dinsdag inderhaas meubels, yskaste, mikrogolfoonde, rekenaars en stowe uit hul huise verwyder.

“Baie van die eienaars was nie tuis nie en is tans met vakansie in plekke soos die Oos-Kaap,” het Solomons-Johannes gesê.

Layne het gesê die probleem met die hoë temperature en sterk winde is dat ’n klein brand baie vinnig ’n groot brand kan word en sodoende buite beheer raak.

Layne het mense gemaan om seker te maak ’n braaivleisvuur is geblus en nie sigaretstompies neer te gooi nie.

- Die Burger

Lees meer oor: wes-kaap  |  brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.