Knysna-rampbus 'nie reg getoets'
2011-08-30 10:15
Kaapstad – Die Wes-Kaapse departement van onderwys het gesê hy is bekommerd dat die bus wat in 'n ongeluk in Knysna betrokke was, nie behoorlik tydens twee padwaardigheidstoetse vroeër vanjaar getoets is nie.
Veertien kinders en die busbestuurder is verlede week dood toe dié voertuig in 'n rivier in Rheenendal geploeg het.
Die departement het gesê die 32-sitplekbus is die eerste keer in April getoets toe die remme en stuurwiel foutief verklaar is.
Die bus is toe weer getoets.
Hector Elliot, woordvoerder van die departement, het gesê die tweede toets het slegs 11 minute geduur.
Die lykskouings van die 15 slagoffers is intussen afgehandel.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter