Knysna-busramp: remme glo foutief

2011-08-24 12:23
Tweets Share Share line Print

@zanejohnson het dié foto van die bus getweet.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Die busongeluk in Knysna waarin 14 skoolkinders en die bestuurder Woensdag dood is, se remme was glo foutief, waarna die bus oor 'n brug in 'n rivier geploeg het, berig Eyewitness News.

Die dodetal is steeds besig om te styg.

Donald Grant, Wes-Kaapse minister van onderwys, het gesê hy is "diep geskok en hartseer oor die tragiese ongeluk" waarin leerders van die Laerskool Rheenendal Woensdagoggend betrokke was.

"Namens die Wes-Kaapse departement van onderwys en die provinsiale regering wil ek my medelye aan die families, wat hul geliefdes verloor het, betuig. Hulle is in ons gedagtes en gebede," het Grant in 'n verklaring gesê.

Grant het gesê hy en Robin Carlisle, Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, is onderweg na die ongelukstoneel "om bystand te bied waar ek kan".

Kapt. Malcom Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die busbestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor.

"Vyftien lyke is verwyder. Veertien kinders en die busbestuurder."

Pojie het gesê 42 kinders is hospitaal toe geneem en word vir ligte beserings en skok behandel, berig Sapa.

"Ons is nie seker hoeveel kinders in die bus was nie. Ons haal die lyke uit die water en duikers sal aanhou soek vir nog lyke."

Die kinders was tussen die ouderdomme van sewe en 17.

'n Groep sielkundiges en maatskaplike werkers is op die toneel en by die Knysna Provinsiale Hospitaal waar leerders, ouers en personeel berading ontvang, het Bronagh Casey, Grant se woordvoerder, gesê.

Casey het gesê busse is ook beskikbaar gestel om ouers na die skool en hospitaal te vervoer.
 
"Die skool en distrikpersoneel is besig om 'n lys van die oorlewendes saam te stel."

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het 'n taakspan aangestel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Die polisie en duikers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is op die toneel.

Die wrak van die bus is steeds in die dam vasgekeer.

Davids het gesê 'n verklaring sal later uitgereik word.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.