Knysna-busramp: Dodetal styg
2011-08-24 10:04
Kaapstad – Tien kinders is dood nadat die bus waarin hulle gery het in 'n rivier in Rheenensdal in Knysna beland het.
Volgens die Rooi Kruis AMS-nooddienste is polisieduikers besig om nóg lyke uit die rivier te haal, berig News24.
Die ongeluk het omstreeks 08:10 Woensdagoggend plaasgevind.
In die stadium is geen ander besonderhede bekend nie, maar André Visser, woordvoerder van ER24, het aan Nuus24 bevestig dat die bus nog in die dam is.
Dit is nog nie bekend waarheen die bus onderweg was of van watter skool die bus is nie.
"Meer inligting sal binnekort bekend gemaak word," het Visser gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24