50kg-klip tref vragmotorbestuurder
2011-02-17 15:53
Durban – 'n Vragmotorbestuurder is in die hospitaal opgeneem nadat hy deur 'n reuse klip getref is wat van 'n oorhoofse brug gegooi is op die N3 naby Pietermaritzburg.
'n Woordvoerder van Netcare 911, Chris Botha, sê die vragmotorbestuurder was oppad na Durban toe die klip van sowat 50 kg van die brug afgegooi is.
Botha sê die klip het die voorkant van die vragmotor se kajuit vermorsel en die bestuurder het ernstige beserings aan sy kop en bors opgedoen.
Dit is nie duidelik of die voorval verband hou met die landwye staking deur sowat 65 000 vragmotorbestuurders nie.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA