Kleuters verkool in brand
2011-07-04 10:18
Durban – Twee kleuters, twee en vier jaar oud, is dood ná 'n brand in die Bellair Road informele nedersetting in Mayville, Durban.
Owen Singh van die Durbanse brandweer het gesê die polisie ondersoek die moontlikheid of 'n onwettige elektriese verbinding na die plakkershut die brand veroorsaak het.
"Een plakkershut het aan die brand geslaan. Die kinders kon nie ontsnap nie. Die saak word nog ondersoek, maar daar is bewyse van onwettige elektriese verbindings."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter