Kleuter verdrink in swembad
2011-05-14 17:03
Durban - 'n Driejarige seun het Saterdag in 'n swembad by 'n woning in Fynnland verdrink, het Durbanse paramedici gesê.
Die seun is deur 'n familielid in die swembad gevind. Die familielid het hom uit die swembad getrek en kardio-pulmonêre resussitasie toegepas, het Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.
Die seun se familie het hom daarna in 'n motor getel en hom na 'n nabygeleë mediese sentrum geneem.
Volgens Wicks het paramedici die familie op pad na die sentrum ingehaal en ook probeer om die seun by te bring, maar hy is op die toneel dood.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA