Kleuter sterf toe motor haar tref
2012-01-05 19:11
Johannesburg – ‘n Kleuter is dood toe ‘n motor haar in Honeydew, wes van Johannesburg, raakgery het, het paramedici gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24, sê ‘n Toyota RunX het die driejarige meisie in Paul Kruger-straat getref toe die kind saam met haar ma uit ‘n taxi geklim het.
Die voorval het Donderdagmiddag omstreeks 12:00 plaasgevind.
Jackson sê dis onbekend waar die meisie gestaan het toe sy getref is.
Paramedici het die kind probeer red, maar sy het aan haar beserings beswyk.
Die vrou wat die RunX bestuur het, was geskok, maar nie beseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA