Kleuter sterf onder bakkie
2011-07-21 15:36
Johannesburg – 'n Eenjarige seun is dood en drie mense, waaronder 'n driejarige kind, is beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het op die N12 tussen Delmas en Springs omgeslaan het, het ER24 gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê die seun is uit die bakkie geslinger.
"Sy klein lyfie is onder die voertuig vasgedruk."
Die seun se oom, wat die bakkie bestuur het, sy tante en driejarige neef is in die ongeluk beseer.
Die beseerdes is na die Life Glynnwood-hospitaal in Benoni geneem vir verdere behandeling.
Die bakkie het in die rigting van Johannesburg gery toe die ongeluk plaasgevind het. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA