Kleuter sterf ná buurman oor hom ry
2011-12-08 12:10
Johannesburg – 'n Eenjarige seun is dood nadat hy deur 'n buurman in Diepsloot omgery is, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
"Die bestuurder het omstreeks 09:00 agteruit beweeg en oor die kind gery," het Synock Matobako, 'n woordvoerder, gesê.
'n Huishulp het ten tyde van die ongeluk na die kind gekyk en dit is nie duidelik hoekom hy agter die voertuig was nie.
Die kind het voor paramedici se aankoms op die toneel weens erge kopbeserings beswyk.
Die polisie ondersoek die saak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA