Kleuter sterf in brand
2011-08-19 14:40
Johannesburg – 'n Eenjarige seun is dood en sy tweelingbroer en suster is ernstig beseer nadat hul plakkershut aan die brand geslaan het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Percy Morokane, woordvoerder, het gesê die kinders se ma was besig om wasgoed op te hang toe sy sien die plakkershut brand.
Die vrou het gesê haar vierjarige dogter en tweelingseuns was in die plakkershut en dat die verhitter aangeskakel was.
"Sy het die kinders probeer red, maar een van die seuns het gesterf," het Morokane gesê.
Die ander kinders het 80% brandwonde opgedoen. Hulle is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.
Morokane het gesê 'n kapelaan is op die toneel om berading aan familielede te gee.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA