Kleuter sterf in botsing
2011-10-11 15:38
Oos-Kaap – 'n Tweejarige seun is dood en 17 mense is beseer nadat 'n taxi in Willowvale in die Oos-Kaap omgeslaan het, het die polisie Dinsdag gesê.
"Ons vermoed die taxi se band het gebars voor dit Maandagaand omgeslaan het. Die taxi was van Willowvale af op pad na die Ciko-nedersetting," het kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, gesê.
Die beseerdes is na die Willowvale-gesondheidssentrum geneem.
'n Saak van strafbare manslag is teen die bestuurder aanhangig gemaak. Hy sal binnekort in die Willowvale-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA