Kleuter deur hek doodgedruk
2010-10-11 22:48
Johannesburg - ‘n Driejarige meisie is Maandag deur ‘n staalhek wat van sy spoortjie af geglip het doodgedruk in Richardsbaai, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Die kind was blykbaar besig om die hek toe te maak. Terwyl die hek geskuif het, het dit van die spoortjie af geglip en op die kind geval, het Jeffrey Wicks, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
Sy het ernstige kopbeserings opgedoen en is dood voordat die paramedici op die toneel aangekom het.
“Die swaar hek het op die kind geland en die grootste deel van haar liggaam platgedruk.”
Die polisie stel ondersoek in.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA