Kleuter (2) vermis, toe verkrag
2009-10-01 16:20
Johannesburg - 'n Kleuter wat vroeër vandeesweek as vermis aangemeld is, is alleen in 'n mielieveld gevind ná sy deur haar ontvoerder verkrag is.
Kapt. Mduduzi Godlwana, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die kind is Woensdag in Qebedu in die Oos-Kaap aangemeld.
"Sy was toegedraai in 'n handdoek wat deurdrenk was met bloed. Sy is brutaal verkrag."
Godlwana het gesê die tweejarige meisie is in 'n ernstige toestand.
Die meisie het vermis geraak toe sy en haar vyfjarige broer in 'n vertrek geslaap en hul ma in 'n ander vertrek gekook het.
Toe die vrou besef haar kind is weg, het sy inwoners van die gebied laat weet. Hulle het toe naarstiglik na die kind begin soek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
– Sapa