Klem op Shrien se gesondheid geplaas

2011-12-13 18:59
Tweets Share Share line Print

Londen – Die gesondheid en lewe van die Britse sakeman Shrien Dewani sal in gevaar wees as hy aan Suid-Afrika uitgelewer word om tereg te staan op aanklag daarvan dat hy die moord op sy vrou tydens hul wittebrood beplan het, het die Londense Hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Dewani se appèlaansoek word in dié hof aangehoor.

Die Persvereniging berig dat Dewani, wat enige skuld ontken, daarvan beskuldig word dat hy ‘n huurmoord op sy vrou, Anni, gereël het in November verlede jaar in Kaapstad.

Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, het ‘n bevel vir sy uitlewering onderteken nadat Distriksregter Howard Riddle in Augustus beslis het Dewani (31) moet aan Suid-Afrika uitgelewer word om verhoor te word.

Clare Montgomery, regsverteenwoordiger van Dewani, het Dinsdag twee regters gevra om die uitlewering te keer, op gronde daarvan dat sy geestesgesondheid só agteruitgegaan het dat hy “te siek is om uitgelewer te word” en ‘n selfmoord-risikogeval is.

Familielede het geluister soos Montgomery gesê het hy is ook in gevaar van geweld deur ander gevangenes, insluitende seksuele geweld, indien hy in Suid-Afrika aangehou word.

Dewani is met ernstige post-traumatiese stresversteuring (PTSD) en ernstige depressie gediagnoseer. Hy was nie by Dinsdag se verhoor nie.

Montgomery het gesê Dewani is só siek dat hy nie daartoe in staat sou wees om instruksies aan sy regspan te gee of om die verrigtinge te volg nie. ‘n Uitlewering moet uitgestel word totdat hy herstel het, het Montgomery gesê.

Die verhoor gaan Woensdag voort en sal na verwagting twee dae duur.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: shrien dewani  |  anni dewani

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.